Wednesday, November 19, 2008

Die Bekende Onbekende God


Hoe baie hoor ons nie in die mitologie en onder die Afrika en Asiatiese volke nie van die Onbekende God wat deur hul vereer word nie.

Hulle weet dat daar ’n Grote en Almagtige God heers oor die hele skepping maar Hy was en is steeds onbekend aan hulle.
Alhoewel hulle later geleer en kennis gemaak het met die Onbekende God deur die sendeling, het hulle Hom steeds nie aanvaar as die Onbekende God wat hulle deur die eeue vereer het nie. Hulle het Hom nie herken vir wie Hy is nie, want dan was Hy nie meer die Onbekende God nie.

Was dit met ’n doel dat Vader dit so beskik het dat hulle Hom nie herken of aanvaar het nie? Was dit hulle nie beskore om Hom te herken as die Onbekende God nie omdat Hy nie vir hulle gekom het nie maar slegs vir die verlore skape van Sy volk?
Sekerlik kan dit een van die redes wees want Hy kon Homself in Sy Almag aan hulle openbaar het as Hy wou.

Maar hoe is dit gestel met die verlore skape van Sy volk, die Israel volk, waar sekerlik die Almagtige tog moet heet as die Bekende God wat Sy volk behoort te herken, bemin en lief te hĂȘ.
Hoeveel van Sy eie het Hom die rug gekeer en wil Vader nie erken as die Ewige Almagtige wat uitred met ’n sterke Hand nie.

Vir Sy eie volk het Hy die Bekende Onbekende God geword. Ek weet van Hom maar ek wil Hom nie ken nie.

Meer genade sal daar sekerlik in die laaste dae openbaar word vir hom wat nie geken het nie maar tog aanvaar het die Onbekende God as vir hom wat die Bekende Onbekende God geken en verwerp het.
Saam in die duisternis sal hy uitgewerp word met die verfoeilike.