Wednesday, November 23, 2011

Siels Ontsteld


Miskien hoort die volgende gebeure nie op hierdie blog nie maar tog is daar lesse hieruit te leer.

Ten einde by die huidige gebeure uit te kom, moet ek eers ’n ander insident aanhaal om te probeer verduidelik hoe ontsteld ek regtig was en steeds is.

Ek het ’n vriend gehad met wie ek lekker kon gesels oor sommer alledaagse dingetjies en dan het ons die gemeenskaplike doel gehad naamlik die behoud van ons Boervolk. Hy (hulle – hy is nou geskei van sy vrou) het ’n Jack Russel hond gehad en wou graag vir die hond ’n maat kry om mee te speel. My seun se Jack Russel teef het kleintjies gehad en ek het met hom gereël vir ’n hondjie vir my vriend.

Kyk, een ding moet ek my seun toegee, hy het te veel honde, maar hy en sy vrou is baie vol twak vir wie hulle hondjies gee. Hulle wil doodseker wees dat die een vir wie hulle die hondjie gee, kan die hondjie goed versorg. Ek het hom die versekering gegee dat my vriend en sy vrou die hondjie goed sal kan versorg (te oordeel na die kondisie van sy huidige hond)

My seun het die hondjie vir hulle gevat en dit het vir ’n lang ruk goed gegaan met die twee honde. Hy het ook ’n kat gehad maar die het nie by die honde gekom nie, want hulle kon mekaar nie verdra nie. Noodwendig het die honde die agterplaas vir hulself gehad en die kat die voor erf.

Op ’n manier het die honde en die kat bymekaar uitgekom en die honde het die kat sleg karnuffel. (die realiteit is dat sodra een hond eers byt dan hits die twee honde mekaar aan en kan dit baie rof gaan vir die kat). Maar ongelukkig is dit soos die lewe is, honde en katte is van nature nie lief vir mekaar nie en indien hulle bymekaarkom gaan daar moeilikheid wees.

Die volgende naweek kom ek by die vriend uit en merk op dat die een hond weg is, by navraag vertel hy my dat die honde die kat gebyt het en dat hy van die een hond ontslae geraak het, hy was ontsteld oor sy kat wat gebyt is en ek het nie verder uitgevra nie. Ek kon tot vandag toe nog nie uitvind of hulle die kat doodgebyt het nie of wat presies met die kat gebeur het nie.

So paar dae later gesels ek en sy vrou, sonder dat my vriend by is, ek het gemerk dat sy ontsteld was, veral toe ek praat oor die hond wat weg is. Toe kom sy met die hele storie vorendag, die honde en die kat het by mekaar uitgekom en die honde het die kat lelik gebyt. My vriend was so gevul van woede vir die honde dat hy ’n yster paaltjie (dropper) gevat het en die een hond voor die agterdeur doodgeslaan het. Hy het probeer om die ander hond ook dood te slaan, maar die kon ontvlug en hy kon hom nie gevang kry nie. Die hond wat doodgeslaan is was die een wat my seun vir hulle gegee het.

Ek was vir weke ontsteld oor die hele voorval en ek het ’n wreedheid opgemerk in my vriend wat my nie aangestaan het nie, inteendeel moet ek erken dat hy my van daardie oomblik af begin walg het. Indien jy dit aan ’n redelose dier kan doen, waartoe is jy nie alles in staat nie.

Daar het nog ander voorvalle plaasgevind wat ’n wig in die vriendskap ingedryf het maar die begin van die einde was die episode met die honde. Ek is baie hartseer oor die vriendskap wat verlore is, maar ek kon nie ’n pad saam met so persoon bewandel nie.

Vroeër in die week het ’n gebeurtenis weer die gebeure soos gister laat terugspring in my geheue.

’n Kollega wat saam met werk en wie ek as ’n vriend beskou (nou nie boesem vriende nie) kom vertel my die volgende gebeure wat hom oorgekom het die afgelope naweek.

Vrydag aand bel ’n vriendin hom (die vriendin en haar man was op hulle troue gewees) baie ontsteld. Haar seun en die se meisie was oppad vanaf dorp X (die dorp net voor ons) na ons tuisdorp. Agter hulle was ’n minibus taxi wat op hulle stert gery het, die taxi het sy ligte afgesit en kort-kort net sy “brights” geflits vir hulle. Die taxi wou hulle van die pad afdruk.
Vir die wat nie weet nie – daar is ’n gebruik onder die swart taxi bestuurders dat hulle ry met hulle ligte af en die eerste voertuig wat vir hulle ligte flits, die is hulle teiken om “uit te vat”.
Sy het gevra of hy nie wil jaag en gaan kyk of hy haar kind en sy meisie kan help nie.

Volgens hom het hy toe begin opstaan en was net op pad om sy motor uit die motorhuis te trek toe die vriendin bel en sê dis nie meer nodig nie. Ek kon nie bepaal hoe lank die tydsverloop was tussen die oproep wat hy gekry het om te gaan help, totdat die vriendin weer gebel het en gesê het dis nie meer nodig nie. (het so idee dis was ’n redelike lang ruk gewees)

Volgens hom, wat die vriendin hom meegedeel het, het die taxi hulle kort-kort van die pad probeer afdruk en ’n paar kilometers verder het ’n ander taxi op hulle gewag terwyl hy dwars oor die nasionale pad gestaan het. Gelukkig het die jongman kop gehou en nie gestop nie maar aan die kant van die pad, op die grond en veld verby gejaag. Vanaf die punt was dit nog so 5 kilometer tot by ’n groterige motorhawe op die nasionale pad en daar was toevallig ’n patrollie voertuig van die plaaslike Polisie.
Die jongman het die insident by hulle gerapporteer en hulle is daar weg om ondersoek in te stel.
Natuurlik weet ons wat die gevolg van die ondersoek sal wees – net mooi niks.

Nou om terug te keer tot my kollega – ek vra hom toe hoekom het hy nie in sy vrou se bakkie gespring wat buite staan en gejaag om die twee te help nie.
Sy antwoord - maar wat sal gebeur as hy daar aankom en daar spring agt swartes uit die taxi met AK 47’s. Dan staan hy nie ’n kans nie.

My antwoord – maar Vader YaHWeH sal jou beskerm en as die tyd vir jou bepaal is dan is dit bepaal.

Sy antwoord – as jy langs die water staan en daar swem ’n haai gaan jy nie in die water inspring nie.

My antwoord – dit hang af van wie in die water is, wat as dit een van jou geliefdes is?

Sy antwoord – ja ons kan ’n lang argument daaroor voer.

My antwoord – geen.

Ek kon maar net my kop in ongeloof skud want die prentjie was duidelik voor my.
Jou motor is nie in ’n motorhuis nie, dit staan buite agter ’n swaaideur. Op jou erf is daar 3 jong sterk manne, elkeen met sy eie voertuig, julle kon maklik ’n span gemaak het en die jongmense gaan help het.

My mening – mense is so bang om dood te gaan dat hulle te bang is om hul medemens te help.

My kollega, jou kind ry elke dag dieselfde pad tussen die twee dorpe, wat sou gebeur het as dit jou kind was?

Jy het die geleentheid gehad om jou naasteliefde te bewys maar jy was te lig vir die taak.

Wat nou - Elke oggend as ek jou gesig sien ervaar ek die diepe teleurstelling en is my siel ontsteld in my. As Vader nie daardie twee jongmense behoed het nie, hoe anders kon dit vandag nie gewees het nie.

Ek sal jou nie op my lysie sit om te bel wanneer ek of my kinders in die nood is nie, want op jou sal ek nie kan staatmaak nie.

Vriend ? ? ? Ek weet regtig nie, want jy het my bitter teleur gestel en of ek met dieselfde oë na jou sal kan kyk as in die verlede – ek twyfel.